“Liefde vir andersheid”

Ek kon nie skryf Vrydag nie. Ek was in ‘n selfs slegter space as Donderdag. Al wat ek sou skryf is daai vreeslike lelike afrikaanse vloekwoord wat met ‘n P begin. Die woord reserveer ek net vir ‘n spesifieke gehoor wat my onvoorwaardelik lief het. Ek weet nie of ek al reg is om daai woord die wêreld wye web in te stuur nie. Karin sal my ook nooit daarvoor vergewe nie…

Ek het lekker gerus die res van die naweek, bietjie alternatiewe oefening gedoen. Dit is tuinmaak. Ek dink nie ek het groen vingers nie, toe trek ek maar groen tuin handskoene aan. As 90% van mense hulself kan happy lieg dan kan ek mos nou ook glo ek het uiteindelik groen vingers. Ons sluit die lekker rustige dag af met die fliek “The kids are all right”. Dis ‘n stunning movie oor verhoudings en familie en is werklik universeel.  Annette Benning en Julian Moore speel die hoofrolle as ‘n lesbian couple met twee beautiful kids. Die gaan soek hul sperm donor met effe dramatiese gevolge. Vir haar uitstekende rolvertolking as Nic, het Annette Benning ‘n Golden Globe gewen. Die fliek is ook genomineer vir ‘n Oscar. Sal maar sien wat gebeur vanaand… Nietemin, dit het taamlik baie emosies in my ontketen, goeters wat al op P-Vrydag my knoppies begin druk het…

Vrydag, na ek die oggend gaan fake fur koop het, het ek weereens besef ek moenie eintlik naby mense wees nie.  My geduld en nice was op. By die mall gekom, besluit ek ek gaan sommer ‘n slaai eet by ‘n restaurant vanwaar ek, op ‘n veilige afstand, uit ‘n verskuilde hoek, vir die verbygaande mense kan sit en staar. Dit terwyl ek wag vir die fliek om te begin. ‘n Bekende akteur wat lispe, mammas met prams, vet mense, mooi mense, oupas met kleinseuns, mense met stywe klere, haastige mense, mense sonder doel, nog prams en ‘n paar maer mense, stap verby.

Skuins oorkant my kom sit ‘n diep-in-die-veertig rooikop mamma met ‘n dogtertjie van so amper twee jaar oud. Sy voer die meisiekind, en glimlag terwyl sy dit wat die kind uitspoeg, geduldig weer opskep. Die engelkind se tongetjie is oral, behalwe binne-in die mond, en sy stoot met groot gemak die kossies wat haar so liefderyk gevoer word, uit. Tergelykertyd gooi sy ook al wat ‘n speeding is op die grond, en weereens tel mamma dit geduldig en onvoorwaardelik op. Dan skaterlag sy en daai skrefies ogies trek nog platter van lekker kry. My hart word weer sag en lig terwyl ek nederig die liefdesdaad aanskou.

Ek dink terug aan ‘n paar maande gelede. Ek is gevra om ‘n menslike seksualiteit sessie aan te bied vir intellektueel gestremde grootmense. My Pro Bono werk en my ongewonde liefde vir anders mense laat my die geleentheid aangryp. Op ‘n baie koue wintersoggend word ek en liewe Jay omring deur ‘n groep ongeduldige mense wat nie kan wag vir die informasie nie. Jay het begin, maar het na die eerste sessie gevra ek moet liewer voortgaan, oorweldig deur die andersheid van die gehoor. Ek het hom begaan, besef hy ken dit nie. Later het hy erken dat dit vir hom ‘n ongelooflike spirituele ervaring was. En dit was! Daar sit hulle, met half oumens lywe, hormone  soos die van tieners en die intellek van ‘n jong kind. En, natuurlik is hulle almal uniek, selfs al deel hulle ‘n sindroom of geboorte besering se naam. Hulle luister aandagtig en staan nie rusteloos op en loop rond soos wat hulle maar soms doen as hulle verveeld raak nie.

Teen breek tyd word ek oorval met “Tannie, tannie… hy was my boyfriend vir 10 jaar, en toe verneuk ek hom, en nou wil hy nie meer met my praat nie… maar tannie, hy wou net seks hê, hy wou my nie ook plesier gee nie… tannie, hoe gaan ek hom terugkry…?” Voor ek haar kon antwoord, staan ‘n ry en wag en ek word herinner, mense, met hul andersheid, het ook lief, het ook seks, kry ook seer, het ook vrae. Met ‘n droë bek antwoord ek die een na die ander.

Na die fliek, wat ek op die stadium, drie dae later, nie eers kan onthou nie, ry ek huis toe. Ek hou toe al ‘n bietjie meer van myself en ander mense en het toe nie meer die vreeslike behoefte om die P-woord uit te spoeg vir ieder en elk nie. Meer in die oomblik en minder in gedagte, ry ek verby ‘n blou-oog-blondekop seunskind op ‘n fiets. Al het ek hom ‘n jaar laas gesien, herken ek hom onmiddelik. Hoe dan anders? Hy sien my nie. Hy was agtien maande oud toe hy my Das begin noem het. Ek het hom nie gebaar nie, maar hy was my kind? Saam met my vorige verbrokkelde verhouding het ek hom verloor. Tot en met 6 jaar terug het ek ma wees ervaar en daarvoor is ek God baie dankbaar. En vandag, om Das te wees, is om lig en liefde te wees vir almal wat my nodig het, al is dit van korte duur.

By die volgende rooi verkeerslig stop ek. ‘n Vrou kyk verby die teken op my venster wat sê “Yes, I do own the road”, na my en met nat wange kyk ek skaam ander pad. Das is nie altyd so arrogant soos wat sy voorgee nie…

“Genoeg”

Vandag voel ek effe broos en effe moedeloos. Ek luister na my lyf, en my lyf sê vir my:

Delenetjie;

Los die bed onopgemaak en deurmekaar, Marna sal verstaan. In elk geval lê Nushu nou eers lekker opgekrul.

Spuit jou Angel parfuum aan.

Smeer jou lyfie oral oor met lekker lyfroom.

Smeer ekstra gesig room aan.

Trek jou mooi nuwe hemp aan.

Gaan blog.

Spuit angel spray oor jouself.

Versorg jou viooltjies.

Smile.

Steek ‘n kers aan, vir jou en jou geliefdes.

Luister Seënbede kliphard.

Praat meer met God vandag.

Luister meer na God vandag.

Die nagmerrie het jou ontstel, en dis ok om hartseer te wees.

Haal diep asem.

Omring jouself met pienk lig.

Gaan wees ‘n ma vir 11 jongmense.

Gaan eet iets lekker by Pure na die tyd.

Vat vir Jacques saam en vertel hom van jou nagmerrie.

Gaan soek fake fur in ‘n materiaal winkel daarna.

Sit en staar.

Wees dankbaar.

Dis oor genoeg vir een dag.

“Ons is nie almal so nie”

Ek soek my stilte!!! Daar is vandag net te veel stemme in my kop en in my ore. Dit steel my energie.

Aan die ander kant, is ek so bevoorreg om te geniet wat ek doen. Geniet is ‘n understatement, ek is crazy daaroor. Maar, bygesê, drie dae se training in die NW is my limit!

Liewe Jay is tans besig om in ‘n vreemde taal te praat oor risky seksuele situasies in die NW townships en die moontlike oplossings daarvoor. Intussen probeer ek die stemme ignoreer, probeer binne die geroesemoes ‘n stukkie stilte steel.

Maar, skielik is daar ‘n gesprek wat my aandag trek. Die een effe butch meisiekind sê dat in haar township is daar butch lesbians wat walg in hul vroulike liggame, selfs hul menstruasie ignoreer. Glo plaas die jong mense hulself in situasies waar hulle dan glo hulle is mans, en optree soos mans en hulself aan gevaar blootstel. Dit klink ook of hulle oorkompenseer. Ek staan toe op en herinner hulle aan die eerste dag se sessie. Daar het ons verduidelik wat is die verskil tussen ‘n transgender persoon en ‘n persoon se seksuele orientasie.

Eersgenoemde is ‘n persoon wat reeds op ‘n baie vroeë ouderdom besef het dat hul binnekant en buitekant nie match nie, dat hulle vasgevang is in die verkeerde lyf. Dis dan ook verstaanbaar dat hul eksterne seksuele organe hul herinner aan die mismatch en hulle nie noodwendig ‘n goeie verhouding daarmee het nie.

Aan die anderkant is die definisie van ‘n seksuele orientasie die aangetrokkendheid tot ‘n ander persoon, op meer as een vlak, seksueel, emosioneel, spiritueel, intellektueel ens. Slegs die seks van die aangetrokke persoon verskil van persoon tot persoon. Sommige is die seks teenoorgesteld, soms dieselfde en soms is die aangetrokkenheid tot beide seks (nie noodwendig op dieselfde tyd nie!)

Op hierdie punt moet ek net noem, dat vir baie jare, homoseksuele mense se verhoudings geminimaliseer is tot seks. Snaaks genoeg, tot vandag is daar steeds ‘n wanpersepsie dat slegs heteroseksuele mense liefdevolle, intellektuele, spitrituele vervullende verhoudings kan hê, die gays naai mos net?! En hoe onwaar is dit? En hoe seer maak dit? In my werk sien ek daagliks heteroseksuele mense wat glo die enigste mense wat ‘n seksuele orientasie het, is gays en lesbians. Aan die ander kant is daar die wat glo dat hul seksuele orientasie, heteroseksualiteit, die enigste seksuele orientasie is.

Ons noem dit HETERONORMATIWITEIT.  Groot woord, ja! Dis die model wat op soveel vlakke nagestreef word – pappa, mamma, 2,4 kinders, die hond, die kat en die picket fense. Vir soveel mense is die model nie ‘n realiteit nie, vir verskeie redes, maar tog word dit deur die massas as die enigste aanvaarde moontlikheid gesien. Dis so pynlik hartseer, want as jy nie daaran voldoen nie, sal die gemeenskap op jou neersien, of jy nou gay of straight is. Dikwels word daar op hetero couples neergesien wat byvoorbeeld besluit het om nie kinders te hê nie, wat besluit het om nie die model te volg nie. Hoe durf hulle? Hoe durf hulle buite die boks beweeg?  Dan word daar van gay en lesbian individue en couples verwag om ook binne die boksie van heteronormatiwiteit te pas. Waar dink julle kom butch en femme vandaan, top en bottom? En so kyk ons almal na die wêreld deur die oog van die penis. Nou het ek heeltemal van my storie afgedwaal, maar ek praat so graag daaroor. Moenie worry nie, ek gaan nog baie oor menslike seksualiteit hier gesels…

Anyway, ek verduidelik toe aan haar dat in die swart kultuur en taal, homoseksualiteit skaars verstaan word, wat nog van iets so kompleks soos transgender. Daar is net een word wat bekend is, ‘n haatwoord, skelwoord, genaamd isistabane. Daar is nie ‘n toepaslike woord wat die woord transgender in hul taal verteenwoordig nie. Een haak af en sê “trassie”. ‘n Ander haak af en sê dit beteken eintlik interseks. Ons besluit toe saam dat daar nie toepaslike inheemse afrika woorde is nie. Ek verduidelik verder dat wanneer ‘n jong mens in die township se gender identiteit en seksuele orientasie begin ontwikkel, daar nie woorde is om hul ervaring te verduidelik nie, en al waarvan hulle ‘n bietjie weet is isistabane. Dis nie ok volgens hul society nie, maar dis ‘n identiteit waarin hul hulself op daardie punt in hul lewe, die naaste aan hul ware self, kan uitdruk. Dus, confusing soos dit moontlik mag wees, sal daar in enige gegewe gemeenskap, mense wees wat aanvanklik hulself as ‘n butch lesbian (of ‘n femme gay man) sal uitleef, maar eintlik, tegnies gesproke, eerder ‘n trans man  of trans vrou, sal wees.

Ek verduidelik verder dat dit dan ook haar plig sal wees as Peer Educator, om die regte inligting op die regte oomblik oor te dra, sodat die persoon hulself beter sal verstaan en, indien nodig, hulp soek by die regte professional of organisasie.

Later trek nog ‘n interessante gesprek my aandag. Ek verstaan nie alles nie, weer die Tswana ding, maar kom agter daar is nou duidelik twee kampe in die groep. Die een groep glo dat ‘n gay man mag nie ‘n gay man date nie. Amazing! Hulle voel gay mans wat mekaar date, is actually net te weird. Dié groep kom ook meer vroulik voor. Hulle dra vroue klere, make up, bonkige juweliersware en selfs hoë hak skoene, als baie sexy. Die ander kamp, wat glo gay mans kan maar gay mans date, is, snaaks genoeg, meer masculine.

Die twee groepe is in mekaar se dreadlocks en liewe Jay kalmeer hulle. Hy herinner hulle dat persoonlike idees rondom wat ‘n “regte gay” moet wees, nie die manier waarop hulle met ander, “wat nie soos hulle is”, negatief mag beinvloed nie.

O liewe aarde! Daar is selfs onmin tussen die gays oor hoe ‘n gay moet lyk en optree. Selfs hier besef ek dat heteronormatiwiteit deur die een groep verseker geinternaliseer is, en soos menige hetero’s, sukkel hulle om te verstaan dat daar baie verskillende tipe gays is. Hulle klou vas aan dit wat hulle van weet en ken en sukkel om andersheid te verstaan. Hier bou ek weer ‘n brug, want, ons is nie almal so nie…

Nou praat hulle van sperm en pre cum en oral sex, miskien moet ek ophou skryf en saam gesels? Skielik het ek weer energie…

“My broos land”

Môre my mense! Dis agt uur op ‘n Dinsdag oggend. Ek sit op ‘n vreemde bed in ‘n opgebruikte gastehuis kamer in die Noord Wes provinsie se hoofstad, Mafikeng. Vergewe my dat ek gister niks gepost het nie, maar ek het nie ‘n druppel energie of kreatiwiteit oorgehad nie. Ons is vroeg gisteroggend uit Pretoria uit, en het 3 ure later met aankoms hier, onmiddelik begin werk. Selfs my reserwes was opgebruik.

Vandag is dag 2 van 3. Ek en liewe Jay, leer 23 jongmense van menslike seksualiteit, risiko gedrag, HIV en ander STI’s, gebruik van kondome en ander skanse, en dan ook middelmisbruik en hoe dit link met seksuele risikos. Hulle word dan ‘n Peer Educator (daar is nie ‘n lekker afrikaanse word daarvoor nie). Dit beteken hulle moet hul peers of maats, op toepaslike wyse leer van bogenoemde, sodat dié dan beter in staat is om gesonde verantwoordelike besluite te neem. ‘n Peer Educator het dus ‘n groot verantwoordelikheid en het die potensiaal om baie lewens positief te raak.

Gisteraand, toe ek nog probeer om asem te skep en energie te herwin deur Gray’s Anatomy te kyk op ‘n TV wat se naam my herinner aan die van ‘n sinus neus sproei, onder ‘n dakwaaier wat net die warm bedompige lug bietjie opklits, word die partytjie langs my kamer irriterend harder en harder. So erg was die lawaai dat ek die TV se klank ook twee maal harder moes maak. Na Grays staan ek op om die spulletjie te gaan stil maak, a nee a, waar is die maniere dan? dink ek. Die setup hier is half deurmekaar, asof mens deur ‘n doolhof moet loop van die een punt na die ander. So al was die geraas net langs my, moes ek deur vier hoekies en draaitjies loop, in die donker, net om halfpad op taamlike groot drama en aksie af te kom. Ek kan dink dat ‘n koshuis moeder of vader op hierdie punt verskriklik lekker sou kry!

Daar betrap ek hulle op heterdaad!  Die helfte slinger slinger verby my met glase vol iets wat soos drank ruik, maar ek net weet, dis meer, dis goedkoop gif. Die een is so dronk hy kon nie op sy voete bly staan nie. Voor die ander halfdronk ene vir die derde keer “sorry, sorry” kon sê, antwoord ek streng “Ons sal more hieroor praat!”

Ek onthou die dae in my eerste en tweede jaar so goed. Ons het as groep jong meisiekinders van skaars 20 gereeld by Farm Inn gaan kuier. Daar kon jy ‘n bottel Tassenberg vir R6,00 koop en die hele aand op daai een bottle dronk geword. Ek onthou hoe ek agter uit die hoekie van Karin se Mini, Dimpels, geskree het ek dat ek naar is. Ek onthou hoe sy die klein karretjie op die Fonteine Sirkel gestop het en meer mense as wat eintlik in die klein karretjie kon pas, uitgepeul het uit vrees dat ek ‘n bottel Tassies met ‘n boog op hulle gaan uitspoeg. Ek onthou hoe einste Karin my gehelp het in my swart raam army bed, meer as een keer en hoe sy my gelos het voor sy moes en ek vooroor op die swart staal my lip stukkend geval het. Ek onthou soveel meer. Ek is nie trots daarop nie, maar ek ONTHOU!

Wat ek gisteraand gesien het, het my vir ‘n oomblik bang gemaak, veral toe ek besef dat van hulle is so dronk, hulle gaan vandag niks onthou nie, nie hoe hulle hulself verneder het, of wat iemand dalk aan hulle gedoen het sonder hul nugter toestemming nie.

Vandag moet ek vir hulle sê dat van hulle nie die leiers is wat ons nodig het vir die program nie. Ek moet dit doen sonder skuld of skaamte. Ek het ‘n idee dat die verwerping hulle net verder gaan blootstel aan middelmisbruik. Miskien gee ek hulle nog ‘n kans, want dalk neem hulle uiteindelik verantwoordelikheid, dalk word die gat van verveeldheid gevul met hulp aan ander?  Of dalk is daar nou ‘n R1000,00 meer vir nog ‘n papsak, nog 5 liter vol goedkoop gif?

Hier, in die vuilste hoofstad in die land, het ek weer besef, my liewe land is broos met nog broser mense. Of dit nou armoede of verveeldheid of hartseer of verliese of vet is, as jy nie van beter weet nie, of van beter WIL weet nie, of dalk net lui is, gaan jy daai gat vul met pille, drank, kak gedagtes en mense en dinge wat seermaak.

Wat ek doen, maak ‘n verskil. Vandag bou ek weer ‘n brug, tussen ignorance en insig, tussen die eie donkerte en lig…

“Pynappel vs. Mango”

Dis heerlik koel vanoggend, half ongewoon vir middel Februarie in Pretoria. Dit voel so half soos die begin van herfs, maar dis onmoontlik, of dalk nie, aardverwarming word mos onderskat. Dis ook perfekte weer vir ‘n oggend stappie. Ek hou van vars en koel. Warm en humid werk nie vir my of my lyf nie, soos die veertien dae in Hanoi, amper twee jaar terug.

Net voor die konferensie begin, het ek en ‘n kollega ‘n kans om deur dié Vietnamese hoofstad te stap en rond te kyk. Duisende, en ek bedoel duisende, fietse en poegies is die strate en sypaadjies vol. Baie van hulle ry met ‘n lap maskertjie oor die mond en neus, glo ter beskerming teen lugbesoedeling – verstaanbaar. Goedere word nie net op straat verkoop nie, maar ook per straat verkoop.  ‘n Straat vir stationary, ‘n straat vir elektriese goed, ‘n straat vir selfone en ‘n straat vir meubels.

Die mense is oor die algemeen ontwykend en steur hulle nie veel aan dié westerling, twee keer hul size nie. My lengte het darem geen bedreiging ingehou nie, ons was omtrent ewe lank. My swart kollega het met haar dreadlocks ‘n paar skewe kyke en een giggel gekry. Blootstelling aan jare se kommunisme maak ‘n mens verseker half befok. Ek het by aankoms op die lughawe reeds besef dat daar baie dinge in die stad was waaraan die wit vrou gewoond moes raak. Daai gedagte was weer bevestig nadat ons om die eerste blok gestap het.

Dit lyk net soos op die TV. Maar op TV kan mens nie ruik nie! Die strate stink! Dis verskriklik! Hulle eet hul Poh sop op die sypaajies in die aand. Meeste Vietnamese in die stad het nie plek in hul huise om kos te maak en saam as gesin te eet nie. Daar kuier hulle dan ook saam met vriende. Die skottelgoed word net daar gewas en die afval word net daar gelos. En so gaan dit al aan vir baie jare – baie gaga die volgende oggend.

Ek is baie sensitief vir aardige reuke en mense. Dit het blykbaar niemand anders gepla nie en ek het gedink ek was maar net vol kak en verlang na my huis en my mense en my McDonalds. Ek begin toe maar ontspan en op die volgende straat hoek koop ek ‘n uniek geskilde lekker soet pynappel by ‘n vrou wat glad nie smile nie. Met ‘n mes so groot soos ‘n panga, skil sy vaardig die pynappel, soveel so dat ek haar moes komplimenteer.  Maar nee, steeds geen erkenning van my bestaan reg voor haar nie, behalwe toe sy die oop handjie uitsteek vir betaling!

Omdat die land en sy mense teen my aura geskuur het, het ek in stille rebellie geweier om enige woord van hul taal aan te leer. Gewoonlik wanneer ek travel, leer ek die basics van die nuwe land aan, soos hallo, goeie dag, naand, dankie, asseblief en so voorts. Daar loop ek toe weg en sê dankie in Afrikaans, sy ignoreer my mos anyway.

So sien ek uit die hoek van my oog die ouer dame, en net soos op TV, met ‘n driehoekige hoed, grys slierte wat deurmekaar daaronder uit hang en net drie tande in die middel van ‘n verrimpelde klein swart oog gesiggie. Geen smile nie. En verder, net soos op TV, balanseer sy ‘n besemstok met ‘n mandjie beide kante, oor haar regter skouer. Sy versper die sypaadjie so dat ek nie kan verby glip, weg van die iets onheilspellend wat ek intuitief weet gaan gebeur, nie. Met erg gebrekkige engels dring sy toe aan dat ek groen mangoes, waarvan haar mandjies vol is, by haar koop. Toe ek die prys hoor, val ek amper gesig eerste in ‘n poh sop poel op die sypaadjie. Ek probeer toe vir haar verduidelik, in goeie engels, dat dit regtig baie duur is. Ook dat die heerlike pynappel wat ek besig was om te eet, genoeg was en anyway slegs ‘n kwart van die prys van ‘n mango was. Daar trek sy weg en skel my uit. Jy hoef nie ‘n woord Vietnamees te verstaan om te besef sy het my gevloek nie. Ek merk op dat almal rondom ons, tydelik gestop het met waarmee hul besig was, en afgestomp na die petalje staar. Geen smiles nie. Ek was nog nooit ‘n voorstaander van enige tipe abuse nie. Toe draai ek my rug op haar en stap weg, terug in die toe bekende straat, sonder om ‘n woord te sê. My kollega het nog gevra hoekom ek dit toegelaat het. Ek het verduidelik dat sy my in elk geval nie sou verstaan nie. Ek onthou hoe ek heimlik by myself gedink het hoe ek haar graag ‘n piece of my mind wou gee…

So twee ure later, draai ons af in die straat waar ons hotel staan en wag. Ek begin dankbaar ontspan. Die volgende oomblik hoor ek ‘n vreeslike geskel so half links van ons aan die oorkant van die straat. Dis toe wragtig die einste drie-tand-mango-smous wat my weer skel! Toe het ek genoeg gehad –  van stink strate, dik geswelde enkels, opgewasemde brille en ongeskikte mense – en ek skree vir haar in die taal wat ek die beste ken “Ag gaan kak ou vrou! Moenie vir my de moer in wees omdat niemand jou fokken groen mangoes wil koop nie!” En ek smile vir haar, want ek kan…

“Vandag myne”

Vandag is ek nederig dankbaar.

Vir my God, die Heelal, my engele en guides.

Vir my geliefde, Marna.

Vir my ouers, Willie en Annamarie.

Vir my sussie, Annelise.

Vir my boetie, Willem.

Vir my vriendinne, Elizabeth, Hannelie, Jeanine, Karin, Eve, Crystal, Linda en Marion.

Vir my oorlede vriendin, Riani.

Vir my kollega, Jay.

Vir my skoonsus, Annalie.

Vir my swaer Albé.

Vir my skoonouers, Armand en Elma.

Vir my vriende, Willie, Jacques, Leon, Arnold, Armand, Johan, Peter en Rudolf.

Vir my peetkind Mathys en sy boetie Wilhelm.

Vir my ander familie en vriende.

Vir my haarkapper, Lizhani.

Vir my kat, Nushu en hond Asterix.

Vir my eks lovers.

Vir my kliënte, toe en nou.

Vir my kreatiwiteit en kunssinnigheid.

Vir my vlak van bewustheid.

Vir my verlede.

Vir my verliese.

Vir my intuïsie.

Vir my insig.

Vir my deernis.

Vir my seksualiteit.

Vir my sin vir humor.

Vir my vermoë om te vergewe en vergeet.

Vir my vermoë om lief te hê.

Vir my donker kant.

Vir my asem en trane en verspeëlde kanse.

Vir my goeie verhoudings.

Vir my uitdagende vehoudings.

Vir my lyf.

Vir my toenemende energie.

Vir my skills.

Vir my egtheid.

Vir my groeiende persoonlike en professionele ondervinding.

Vir my pyn.

Vir my mooi huis en alles daarin.

Vir my musiek.

Vir my Smart kar.

Vir my Crocs.

Vir my travel ervarings.

Vir my oorvloed.

Ek is want julle maak my.

“Seënbede”

Ek lek nog my lippe af, rêrig, van my ontbyt. ‘n Snytjie low GI toast, met ‘n bietjie botter, bietjie baked beans en ‘n gebakte eier bo-op, afgerond met ‘n paar druppels Worcester sous. Lekker! Terwyl ek smul, en ek smul met ‘n regte mmmmhm en tongklap daarmee saam, luister ek na Annelie van Rooyen se Seënbede, “Loof Hom, Prys Hom, Halleluja…” Ek is dankbaar…

Deesdae probeer ek kos eet wat my energie gee vir die hele dag. Geen peusel happies, behalwe ‘n vrug, tussen etes. Ek doen dit omdat ek myself en my lyf wil leer dat snacks nie nodig is nie. Ek probeer regtig net eet as ek honger is. Nou die dag het ek geen ontbyt gehad nie, want ek was nie honger nie. Voorheen het ek geglo ek MOET ontbyt eet, want dis die belangrikste ete van die dag mos? Maar as my lyf vir my sê “ek is nie nou honger nie!”, dan luister ek.

Maar gister, ai, was ‘n uitdaging wat peusel aan betref. Die gróót Pe eM eS het my getref. Nou, behalwe skuldgevoelens, glo ek dat my hormone my lyf se balans ten minste een keer per maand heeltemal opfok. Op dié dag is ek ook vetter. Ek sukkel daagliks met mango enkels, maar in die dikvoel tyd is dit asof die ekstra vog ook in my brein gaan dammetjie maak. Dit beinvloed my gedagtes en gedrag. Dan hou ek nie baie van myself nie, en moet verkieslik wegbly van mense, want as ek nie ok is nie, IS JY DEFINITIEF OOK NIE OK NIE! So ek probeer wegbly van mense, maar ek kan nie wegbly van snacks nie! Gister, het ek twee blokke fudge stadig in my lyf in gesuig soos iemand wie se kake bedraad is. Ek wou net hê die lekker moet vir langer aanhou. En was dit nie lekker nie! Ek het ook ‘n halwe blik Pringles verorber. Ja, VERORBER!

Maar dit was gister, en vandag is ‘n nuwe dag, en ek kan weer oor begin. Ek het berou en belowe ek sal dit eers weer oor ‘n maand doen. Ek gee myself toestemming om op my Pe eM eS dag te peusel, want dan het ek beheer. Met toestemming kom beheer. Met skuldgevoelens kom irrasionaliteit. En ek gee om, vir myself en vir ander… Haaaa Leee Luuu uuuu Ja!

“Skuld en skaamte”

 Ek het dit toe gedoen! Nadat ek besef het ek moet dit net doen, nie wonder nie, want ek gaan ‘n rede kry hoekom nie, buk ek en haal dit onder die bed uit. In my geval is dit nie ‘n badkamer skaal nie, dis ‘n onder-die-bed-weggesteekte-vol-stof-verraaier! Ek pluk my oggend stap klere van my lyf af, so asof dit nou ‘n verskil gaan maak aan die “groter prentjie”, wie probeer ek nou fool?! Toe, baie versigtig, eers die eerste voet… Maar swaar is swaar en onmiddelik spring daai naald verby 80kg! My fok! Dis nog net die helfte van my, dink ek paniekerig. Die blêddie ding is net tot 120kg afgemerk, ek gaan die ding vermorsel as ek met altwee voete daarop gaan staan. Vir ‘n oomblik huiwer ek, maar sê tog stilweg “God, help bietjie hier…” Met Groot Genade staan ek uiteindelik met altwee voete op die vierkantige wit skuldskenker. Ek hou my asem op, besef dit kan 10gram add tot die eindproduk en blaas toe vinnig asem uit, dalk ‘n bietjie meer as gewoonlik, net om doodseker te maak.

111 KILOGRAM!! EENHONDERD EN ELF KILOGRAM! Ek weeg presies dieselfde as ‘n jaar terug! Toe was ek so skaam oor die 111kg. Ek onthou nog duidelik hoe skuldig ek gevoel het! Snot en trane vir ‘n paar dae.  Daar was tye wat ek vir myself vir kort oomblikke in die spieel gegluur het. Dit het gepaard gegaan  met absolute walging en ongekende minagting. Ek het myself tog só jammer gekry!

Vandag is ek verheug. Ek is seker jy wonder hoekom? Want ek is nie skaam nie! Ek is lief vir elke gram van my 111kg! Ek is trots op myself. En ek weet, vandag is die laaste dag in my lewe wat ek 111kg weeg! ‘n Celebration van ‘n aard, dankie vetjies, dat julle my skyn snoesig beskerm het, maar dis nou tyd vir koebaai sê.

Want ek glo, dat dit wat ek met liefde laat gaan, of dit nou vet, ‘n lover, ‘n bad job, pessimistiese vriende, ‘n nasty baas of ‘n swak gewoonte is, sal self uitgesorteer word. So, ek vergewe, seën en gee baie lig en liefde, en laat dit tog in Vadersnaam net gaan! O wee! Dis nie maklik nie, maar ek probeer… Die belangrikste is tog dat ek weet wanneer dit tyd is vir laat gaan, nie waar nie?  En om dit te doen sonder skuldgevoel. Dit is heeltemal natuurlik om spyt te wees, maar skuldgevoelens het geen doel nie! Spytwees en skuldig voel is nie dieselfde nie. Ek maak foute en voel sleg daaroor. Om spyt te wees beteken dat ek jammer is en nie dieselfde fout weer wil maak nie. Maar skuldgevoelens immobiliseer my, laat my voel ek sit vas en daar is nie ‘n uitkoms nie. Oor my vet wil ek eerder spyt wees as skuldig voel.

So, nou dat ek in die proses is om al die goeters wat my energie steel, in liefde te laat gaan, is ek dankbaar vir die mooi en oorvloed wat ek reeds het en steeds oppad is.

Daar is mos nou meer plek!

“Karton Hart”

Valentynsdag! Op skool het die dag my met wrewel gevul. En angs. Op dié dag het jy rooi karton harte aan jou hemp vasgesteek! ‘n Trotse bewys van hoeveel valentyne jy het. Dit was dan ook ‘n teken van jou gewildheid en geliefdheid. Om myself dan die vernedering te spaar, die bewys dat ek nie gewild en nie naastenby geliefd was nie, het ek vir myself so drie kaartjies gekoop. Was dit maar omdat ek vir myself gewild en geliefd was?! Maar nee, eerder om darem bietjie soos die ander te wees. So het ek verseker dat ek darem nie die hele dag verwerping  so intens ervaar nie. Anyway, die baie gewilde en geliefde meisies en seuns het dan sulke drapperings, soos ‘n aanmekaar gekramde harte skild, met trots en sommige met ‘n bietjie venyn, deur die hele valentyns dag gedra. Ek, het net so trots, my drie harte gedra, met ‘n venyn van ‘n ander aard…

Skool was oor die algemeen maar vir my ‘n moeilike ervaring, nie net omdat ek emosioneel geboelie was nie, maar meerendeels omdat ek verveeld was. Ek het dikwels gevoel dat die seermaak mense om my, nie in MY wêreld hoort nie. Snaaks genoeg het ek nooit gevoel EK hoort nie in hulle wêreld nie! In my wêreld was mense nie verwerp as gevolg van hul andersheid nie, maar eerder aangemoedig om hulself uit te leef. In my wêreld was andersheid ‘n gift. Ongelukkig, op daai stadium, was ek die enigste een in my wêreld en was die hoofstroom net te sterk en oorweldigend. My jong adolosente lewe was ‘n emosionele woestyn, en ek moes myself teen daai dors en honger beskerm. Mettertyd, het ek meer en meer gewig aangesit,

Ek onthou ‘n opmerking wat ‘n matriek seun een keer gemaak het na die skool se jaarlikse gala kompetisie. Hy was ‘n sestien-hart-skild vriendin se boyfriend. Hy haak af en sê vir my, “Vir ‘n vet meisie swem jy nogal vinnig!” Ek het niks gesê nie, maar wou skree “Was dit nou fokken nodig? Kon jy nie net sê jy swem goed nie?!”

So deur die jare het ek al die verwerping en kritiek geinternaliseer en minder en minder van myself gehou. Stres, verhoudingsprobleme, finansiële uitdagings, ‘n vak gedop, verwerping, verliese – die tye wat my selfliefde zero was, het ek dan besluit om op ‘n dieet te gaan. So het ek my lyf en siel verder uitgehonger, ‘n emosionele pakslae gegee.  Nou as ek terugdink, raak ek so hartseer daaroor, ek huil sommer. Toe ek liefde, aandag en nurturing nodig gehad het, het ek die donker sielgat gevul met kritiek, skuldgevoelens en brokkolie. En dit, weet ek vandag, maak vetter as KFC!

Die afgelope paar jaar het ek intens gewerk aan selfliefde en aanvaarding. Dit was nie lekker om uit te vind ek is nie so nice soos wat ek gedink het ek is nie! Ek is baie bewus van kritiek en oordeel en hoe ek in die verlede nie net myself nie, ook my geliefdes, daarmee seer gemaak het. Nou is dit ‘n daaglikse bewustheid. Dis so deel van my, om krities te wees. Dis my donker kant, maar omdat ek dit nie ignoreer nie, gooi dit nie ‘n skadu oor my lig nie.  Dit is vir my belangrik om só daarna te kyk. Dis ook nie aldag maklik nie, maar dit bly ‘n indikasie van my inner happiness. As ek krities raak, op myself of ander, dan gaan daar iets in my binnekant aan wat nie ok is nie. En ek weet, dit het niks met iemand anders te doen nie. “Hurt people, hurt people” glo ek. Ek mag nie ander seer maak omdat ek self pyn het nie.

Maar vandag, en vandag is al wat belangrik is, is ek mal oor Valentyns dag! Ek kan soveel rooi karton harte gee vir wie ek wil. Ook vir myself. Nie omdat ek voel ek moet in pas nie, maar omdat ek wil, omdat ek myself like net soos ek is, omdat ek soveel mense het wat my wêreld vir my maak net soos ek dit wil hê, my mense wat my so lief het, juis vir my andersheid. Ek hou van hoe ek voel oor myself en my wêreld en my mense. God se Liefde, my engele en my geliefdes omvou my… en ek word lig.

“Ek sit, jy sit”

Buurman Willie en ek stap elke oggend 1,5 km. Ons het nou al 7,5km hierdie week gestap (onthou die groter prentjie!) Oor ‘n maand het ons 30km kaf gestap, wow! Toe sê buurman Johan gisteraand ek moet van daai Velcro gewigte om my enkels sit, dan sal ek éérs resultate sien. “Ek dra reeds 55kg ekstra saam”, sê ek toe half verontwaardig.

Jare terug werk ek as ‘n verpleegkundige in ‘n psigiatriese eenheid. Ons neem ‘n maer tannie van diep in die sestig op – manies. Sy lyk soos ‘n lang afstand atleet, en nog erger, sy wou net weg harloop! Ek laat haar toe oorkant die konsole sit waar ek besig is om admin te doen en sommer ter selfde tyd ‘n ogie oor haar kan hou. So, as ek dan uit die hoek van my oog enige beweging gewaar, spring ek vinnig op en gee haar ‘n kyk wat sê “Sit stil!”, dan sit sy maar weer. ‘n Paar keer spring ek so op, gee die KYK, en sit weer, geen woorde nie. Toe skielik, maar eintlik verwag, skiet sy soos ‘n pyl uit haar stoel en hardloop na die saal se uitgang. Ek vang haar net betyds, uitasem, maar betyds by die deur, wat gelukkig gesluit was, maar soms deur besoekers oopgelos word. Sy is so sterk soos ‘n bees! En daar sê sy vir my “Ek sit, jy sit, ek staan, jy staan, ek hardloop, jy hardloop!” en giggel van lekkerkry soos destydseLiewe Heksie.

Ons besluit toe sy is ‘n bedryging vir haarself, en sluit haar toe in haar kamer. Teen etenstyd, moet ons seker maak sy eet iets. ‘n Klop aan haar deur – geen reaksie. My kollega dring toe aan dat ek die voortou moet neem en eerste die kamer binne gaan. Skaars die deur oopgemaak, spring die vrou uit van agter die deur en gryp my aan die keel en begin wurg. Ek het gesê sy is sterk soos ‘n bees, né…. “Vandag wurg ek jou dood, jou klein dikgat!” sis sy naby my oor. Na my kollega herstel het van haar histerie, en ek amper die lig van die poorte gesien het, word ek gered en die tannie kry ‘n inspuiting in plaas van middagete. Sy is ook nou ‘n bedryging vir ander…

‘n Jaar later sien ek haar weer, ‘n statige dame, so veertig kilogram groter. Geen teken van die langafstand atleet of Liewe Heksie nie. Ek moes bloede by haar trek, want sekere gemoed stabiliseerders se toksiese en terapeuties vlakke is baie naby aan mekaar, dus moet dit gereeld gecheck word.

En daai dag wonder ek by myself, maer en mal, of vet en kalm…

Previous Older Entries